Wanneer Gaan Ons Finaal Weet Hoe Ons Gaan Mag Jag

Home » Wanneer Gaan Ons Finaal Weet Hoe Ons Gaan Mag Jag

Dis al Dinsdag 05 Mei, en nog niemand het ministers Thoko Didiza (Landbou, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming) of Barbera Creecy (Omgewingsake, Bosbou en Visserye) se direktiewe ontvang wat meer duidelikheid sal gee oor van wat ingesluit is in die regulasies wat bekend gemaak is ten opsigte van COVID-19 Vlak 4.

Soos genoem in vorige artikels deur WILD&JAG/GAME&HUNT, weet ons dat jag toegelaat word in die regulasies, wetende van beperkinge soos interprovinsiale reis en verblyf, maar benodig die jag publiek en die organisasies wat hulle verteenwoordig nog die direksies van die ministers oor presies wat word benodig deur die grondeienaar en die jagter, om te voldoen aan die bepalings van die Regulasies

Terugvoering wat WILD&JAG/GAME&HUNT ontvang het van verskeie bedryf rolspelers binne die wild en jag bedryf, is dat daar verskeie prosesse is wat die ministers en hul departemente moet volg, voordat direktiewe gepubliseer kan word. Min Nkosazana Dlamini- Zuma, minister van  Samewerkende regering en Tradisionele Sake het reeds die regulasies op 29 April bekend gemaak in terme van gedeelte 27(2) van die Wet op Rampbestuur, 2002. Die regulasies is aan bedryf rolspelers gestuur vir kommentaar oor die finale bewoording van die regulasies, voordat dit in die Staatskoerant gepubliseer kan word.

Maar in die meeste gevalle, is die verskillende provinsies verantwoordelik om die regulasies te implementeer, en daarom moet die regering en sy onderskeie departemente nadat hulle hierdie kommentare in ag geneem het, eers met elke provinsies direk konsulteer. As die direktiewe na hierdie konsultasie proses met die verskillende provinsies deur die nasionale  departemente se regs afdelings goedgekeur word, moet dit verwys word na die Nasionale ekonomiese en regs komitees vir goedkeuring.  Eers daarna, en as almal tevrede is, kan die regulasies en direktiewe gepubliseer word in die Staatskoerant.

Dit sal raadsaam wees om tot en met die regulasies in die Staatskoerant gepubliseer is, vir nog ‘n dag of wat eerder nie te gaan jag nie, nie voordat die direktiewe meer duidelikheid gee oor waaraan die grond eienaar en die jagter sal moet voldoen nie.

As jy ‘n lid is van ‘n jagters en of sportskietvereniging, is ek seker hulle sal jou as lid op hoogte hou van enige verwikkelinge. As jy nie ‘n lid is van so ‘n vereniging nie, sluit aan en kry die nuutste, opgedateerde, en bevestigde inligting.

Daar is hoop, lekker jag…. al moet jy nog so bietjie wag.

Hennie van der Walt

Redakteur en Uitgewer

WILD&JAG/GAME&HUNT

© 2020 KZN Hunting. All Rights Reserved.
Website by The Fire Tree Design Company